Boodskap uit die kantoor

Baie welkom by Laerskool De Tyger. Hier wil ons ‘n kindervriendelike omgewing skep waar u kind gelukkig en veilig sal wees.

Ons skool beskik oor puik onderwysers wat elke kind se belange op die hart dra. Hier is u kind nie net ‘n “nommer” nie, maar word daar intensief aandag gegee aan die totale ontwikkeling van u kind.

As waardegedrewe skool, word daar veral op die volgende waardes klem gelê: eerlikheid, selfdissipline, integriteit, verantwoordelikheid, lojalietit en respek. Dit is hier waar personeel en ouers moet hande vat sodat bogenoemde waardes ‘n leefwyse word.

By Laerskool De Tyger is ons nie net kennisse nie, maar ‘n familie. Ek kan u verseker dat om deel te wees van die Tiertjie-familie, ‘n ongelooflike opwindende ervaring vir u en u kind sal wees. Kom ervaar dit gerus eerstehands!

Vriendelike De Tyger-groete

Wiehan Smit
Skoolhoof